Wednesday, 8 September 2010

Vind jou rigting in die stilte!




Josua 1
“8 Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.”

As daar nou een ding waarmee ons almal meer kan doen is dit wysheid. Om net so bietjie verder as vandag te kan sien. Voor en nadele van Engeland, SA, hierdie of daardie werk. Ons maak lysies en weeg die voordele en nadele op, tog is die antwoorde nie duidelik nie.

Josua is in ’n baie soortgelyke situasie, hy neem oor by Moses as leier van die volk. Moses wat hierdie mitiese, groter as die lewe figuur is. Nou moet hy oorneem en die volk in die beloofde land inlei. As God hom roep dan begin Hy om vir Josua die nodige raad te gee vir sy taak. Sy raad is, oordink die wetboek (Bybel, in hierdie geval die eerste deel van die OT) dag en nag. Van die ander vertalings vertaal “oordink” met “meditasie”. Herkou, oordink, mediteer oor God se Woord, ’n aksie wat in die stilte gebeur. Dit is dan in hierdie oomblikke van stil besig wees met God se Woord wat ons toegang kry tot ’n onbeperkte bron van wysheid. Waar ons God se stem begin hoor, waar ons insig kry.