1 Petrus 1
3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. 4 Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. 5 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, 6 die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, 7 die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.
Sondag is daar belydenisaflegging en nagmaal. Jong gelowiges gaan voor die hele gemeente bely dat hulle glo in die Here Jesus Christus. Ons as gemeente gaan saam met hulle die dood en die opstanding van ons Here Jesus Christus vier. Die jongmense begin ‘n geloofspad wat voltooi word die dag wanneer hulle by God gaan wees. Almal van ons is iewers op hierdie pad. ‘n Pad waar ons net een van twee moontlikhede het, of ons gaan groei in ons verhouding met Jesus Christus of ons gaan agteruit gaan. Hierdie groei is ook nie outomaties nie. Dit vra afhanklikheid en harde werk.
Petrus noem geestelike groei, “ om deel te kry aan die Goddelike natuur” m.a.w. om meer soos Christus te word. Om dit te doen moedig hy die gelowiges aan om:
1. Te groei in kennis van God (Bybel)
2. Te stry teen sonde in ons lewe (Selfbeheersing)
3. Meer die kenmerke van Christus te vertoon.(Deugsaamheid)
4. Te volhard in ons geloof (Ons hele lewe aan God toe te vertrou.
Ek sien uit om julle Sondag te sien.
Vrede
No comments:
Post a Comment