Soos jy seker al deeglik bewus is, is ons besig met ons nuwe Campaign -Op soek na Ware Noord – ons soeke na die rol van God se Woord in ons lewens. Dit is teen hierdie agtergrond wat ek verstom gestaan het toe ek besef hoeveel van U2 (met Bono as hoofsanger) se liedere is geïnspireer deur Bybelgedeeltes. Tydens hulle Elevation tour het Bono telkens die volgende woorde herhaal. “What can I give back to God for the blessings he's poured out on me? I'll lift high the cup of salvation -- A toast to God! I'll pray in the name of God; I'll complete what I promised God I'd do, And I'll do it together with his people.”. Min mense het dadelik besef waar dit vandaan kom. Tog het ‘n paar Christene besef hy is besig om Psalm 116 aan te haal. Wat verder interessant is, is dat hy die gedeelte nie net sommer geparafraseer het nie, maar dat hy The Message (Eugene Peterson se vertaling) aanhaal. Hy het in verskeie onderhoude al verwys na die rol wat God se Woord in sy lewe speel. Hoe hy The Message vir sy sterwende pa voorgelees het. Daar meer as sestig verwysing na die Bybel is in hulle lirieke.
Hoe ongelooflik is God se Woord nie, God inspireer klein kindjie om Jesus in sy hartjie in te nooi asook ‘n superster soos Bono wat 140 miljoen albums verkoop het.
Die beste nuus is dat ek en jy ook hierdie Woord het. Dat ons geïnspireer, getroos en gered kan word deur die woord. Kom ons lees die Woord, oordink die Woord, skryf oor die Woord, sing oor die Woord, laat dit deel van ons DNA word, ons kompas na die Ware Noord.
Hieris 'n clip waar hy Psalm 116 aanhaal.
Aangrypend! Het Ps116 vers 10 & 11 gaan lees en dis pragtig
ReplyDelete