Wednesday, 18 February 2009

Lydenstyd, 'n tyd van Hoop!

1 Korintiërs 15

2 Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. 3 Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte;4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.5 Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, 6 en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. 7 Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8 Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn. 9 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het.
Volgende Woensdag begin Lydenstyd (Lent). In die geskiedenis van die kerk was lydenstyd baie belangriker as Kerstyd. Die fokus het die laaste eeu na Kerstyd geskuif met die kommersialisering van die tyd. Die hart en die hoop van ons geloof lê in lydenstyd. Lydenstyd begin met “Ash Wednesday”, wat volgende Woensdag die 25e is, en eindig die Saterdag na Goeie Vrydag. Hierdie is ‘n tyd waarin Christene dink aan die lyding en sterwe van ons Here Jesus Christus. ‘n Tyd waar ons bewus raak van God se liefde vir ons, dat hy sy enigste seun opgeoffer het vir ons. Gedurende lydenstyd offer Christene iets wat vir hulle belangrik is op, om ons te herinner aan die opoffering van die Here Jesus Christus. So byvoorbeeld kan ons besluit om niks koffie te drink of sjokolade te eet nie. Elke keer as ons lus raak vir koffie of sjokolade maak dit ons weer bewus wat vir ons gedoen is. Mag hierdie lydenstyd vir jou ‘n tyd van inspirasie en geloofsgroei wees.

No comments:

Post a Comment