
7 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. 8 Dit is 'n betroubare woord. Daarom wil ek hê dat jy van hierdie dinge met groot nadruk moet getuig, sodat dié wat tot geloof in God gekom het, hulle op goeie werk kan toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense. 9 Maar jy moet jou nie inlaat met dwase strydvrae en geslagsregisters en met getwis en stryery oor die wet van Moses nie, want dit is nutteloos en sinloos. 10 Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie,11 omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.
Ek het die afgelope tyd baie vrae gekry oor geloofsgroepe wat mense onrustig maak. Alhoewel geloof die fondament van ons lewe is, is dit ook so dat sekere geloofsgroepe hierdie dimensie van ons lewe gebruik om mense te beheer. Kerke en geloofsgroepe is op ‘n spektrum. Aan die een kant is daar die grootste groep hoofstroom kerke waar vrye assosiasie die beginsel is. ‘n Besluit om deel te raak van so ‘n kerk is ‘n persoonlike besluit wat sonder dwang of emosionele druk moet plaasvind. Aan die ander kant van die spektrum is daar die volwaardige kultusse waar lede beheer word deur skuldgevoelens, emosionele manipulasie en sosiale druk.
Daar is ongelukkig tans groepe in London wat kenmerke vertoon van kultusse. Ons moet onderskei tussen die okulte en ‘n kultus. Okulte groepe, is groepe wat hulle besig hou met esoterese, paranormale praktyke soos bv. Satanisme. Hierdie groepe herken ons gewoonlik maklik aan hulle praktyke en rituele. Die meer gevaarlike groep is die kultusse omdat hulle in die meeste gevalle “goed, toegewyd, geestelik en christelik” lyk en as kerke bekend staan.
Hierdie groepe word deur die volgende gekenmerk.
1. Sterk outokratiese leier.
2. Eksklusiewe toegang tot die waarheid. (“Net ons verstaan die Bybel reg en al die ander is verkeerd”)
3. Sekere geloofpraktyke (Bv. doop, speek in tale, ens.) word verhef tot absolute voorwaardes vir geloof. Randsake in die Bybel word verskuif na kernsake. (Luister gerus na week 2 van Ware Noord preekreeks op die web)
4. Beheer is belangrik en alledaagse besluite wat lede neem word sterk bepaal deur die leierskap.
5. Isolasie – lede mag net kuier, trou en verhoudings hê met ander lede van die kulte. Indien ‘n vrou bv. trou met ‘n man uit ‘n ander kerk, word sy uitgeskuif uit die kulte.
6. Die groepe definieer hulle gewoonlik in terme van die ander kerke waarteen hulle is.
7. Baie druk word op lede geplaas om ‘n groot deel van hulle finansies aan die groep te gee.
8. Kritiek van die leierskap word glad nie geduld nie.
9. Alle sosiale bande word met ‘n persoon gebreek wat uit die groep beweeg.
Die kern van ons geloof wat wyd erken word, sy wortels van die vroegste tye het en deur die reformasie nuut bevestig is, kan opgesom word in die volgende frases:
Here Jesus Christus alleen. (Jesus betaal vir ons sondes deur Sy kruisdood.)
Geloof alleen. (Ons word deel van hierdie redding deur geloof alleen.)
Genade alleen. (Ons ontvang hierdie redding as ‘n geskenk van God.)
Bybel alleen. (God openbaar hom alleen deur sy Woord.)
In die Bybel lees ons van Jesus wat mense nader getrek het, wat ingetree het vir die vrou wat betrap is dat sy owerspel gepleeg het. Jesus manipuleer en dwing nooit, Hy is oop vir ander, luister en verwerp mense nie. Ons lees van genade, vrye genade wat ons ontvang, nie vir dit wat ons doen, die gawes wat ons het, of die geld wat ons gee nie.
Toets die geeste aan die Bybel, bid dat die Gees vir jou onderskeid sal gee, en as iets jou ongemaklik maak is daar gewoonlik ‘n rede. As julle al ervarings van sulke groepe gehad het hoor ek graag daarvan.
1. Was Jesus en die apostels outokraties?
ReplyDelete2. Luk 24:45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
Is almal se verstand oop, of hoe vind dit plaas?
3. Hier verwys jy duidelik na die Charasmatiese gelowe.
4. Die Senode van tradisioenele gelowe stel ook reëls op wat lede se daaglikse lewe raak en tot 'n mate beheer.
5. As een met 'n ander trou, besluit die paar wie se geloof aangehang sal word. Omdat een nie meer hul ou geloof aanhang nie, is hul uitgeskuif of net opgeneem in die alternatiewe geloof en dus nou vervreemd van die ander?
6. Is dit nie waaraan jy nou hier skuldig is nie?
7. Die bybel verwys na 'n tiende en mens moet dus oppas vir Simon die towenaars.
8. Hand. 26:2 Ek ag my gelukkig, koning Agríppa, dat ek my voor u vandag gaan verdedig in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word, (Om te verdedig is nie 'n miskenning van kritiek.)
9. Sou een in 'n nuwe sosiale groep opgeneem word, deur vrywillige keuse, is dit wel so, dat een nie meer by die ander groep gaan uitkom nie. (My seun speel nie meer by die plaaslike rugby klub omdat hy getrk het. Ek kom nou ook nie meer daar nie en bevind my nou by 'n ander sosiale groep waar hy nou speel.)
Wie sê die reformasie was reg? Of is dit nou 'n strydvraag?)
Jas 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
Ek het nou jou rede hier gelees en tog ontstaan daar by my baie vrae.