· Sondagoggend in die Kerk?
1 Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here,(Psalm 24)
Oor die jare heen het daar ‘n onderskeid in ons denke begin kom oor waar God is en waar Hy nie is nie, hoe ons optree waar God is en waar hy nie is nie. Ons trek anders aan as ons kerk toe gaan uit “respek” vir God(?), maar ons kan maar bid in die aand met net ‘n PT broek aan. Die skeiding het verder gegaan in ons denke oor rolle wat mense in die gemeente speel. Daar is die predikant en die kerkraad en dan is daar die gewone gelowiges. As Jesus sy Koninkryk wil vestig dan kies Hy 12 “gewone mense” en vertrou Sy boodskap aan hulle toe. By God is daar nie belangriker mense as ander nie. Daar is nie geestelike en vleeslike dele van ons bestaan nie. God is net soveel deel van ons seksualiteit en werk as van ons stiltetyd. Begin God raaksien in elke situasie, soek sy wil in elke situasie.
Sondag is daar geen alternatiewe diens by ons nie, ek preek wel by Londonwyk die oggend en aand.
Ek het weer die musiek van Don Franciso ontdek - ek sit van sy video’s op my blog waarna julle kan gaan luister.
Liefde en groete.
Hey ek like jou styl. Dis tyd dat die Kerk moet wakker skrik, klere haarstyle en makeup tel niks voor Sy aangesig nie. Wat tel is jou hart.
ReplyDeleteSterkte met julle groot werk ons hier in SA bid vir julle